Huisgeloof

Kom ons gesels saam oor ons geloof. Gebruik by huisgodsdiens, selgroep, opening van vergadering of enige ander byeenkoms.
  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar wat die 40 dae van GemEENskap vir julle beteken het en hoe julle jul Gawes tot God se eer gaan gebruik.
  3. Lees Lukas 16: 19-31 en Rom. 1:16
  4. Vir wie voel jy jammer as jy die deel in Lukas lees?
  5. 5. Met wie vereenselwig jy jou – Die ryk man of Lasarus? Waarom?
  6. Waarom sou die 5 broers nie luister nie? [v.27-29]
  7. Waarom luister mense nie vandag na God in sy Woord nie? Weet jy dat Jesus God se WOORD is?
  8. Sal mense vandag in God glo as hulle tog net ʼn wonderwerk kan sien? [30]
  9. Hoe help Rom. 1:16 ons met ons geloofs reis?
  10. Is jou ewige bestemming soos die van Lasarus of soos die van die ryk man? Waarom?
  11. Bid vir elke ander persoon wat saam met jou op die reis van die lewe is. Bid vir duidelikheid oor jou gawes. Bid oor die gebruik van jou gawes in Sesmylspruit. Bid in dankbaarheid oor jou plek in God se Koninkryk. Dank die Here oor sekerheid t.o.v. jou eindbestemming aan die einde van jou aardse lewe.

WANT SAAM IS ONS BETER!

Begin deur saam te bid.  Loof God vir sy goedheid, aanbid Hom as die God van hemel en aarde.

1  Lees Matteus 22:34 – 40; Romeine 12:1; 1 Korintiërs 16:1,2; Matteus 18:19,20; Openbaring 5:11 – 14.

2  Wat het God deur sy Heilige Gees die afgelope vyf weke jou op die hart gedruk?  Hoe het jy in jou geloof gegroei?

3  Ons is geskep om God lief te hê, ons naaste lief te hê, om myself lief te hê.  En dit is een van die moeilikste dinge om te doen.

4  Gelowiges ondersteun en help mekaar, nie net as dit moeilik gaan nie.

5  Gelowiges ondersteun mekaar ook as hulle God aanbid.

6  Ons aanbid God met alles wat ons doen en sê en dink elke oomblik van ons bestaan.

7  As gelowiges kom ons op ‘n Sondag byeen in ‘n erediens – en dan aanbid ons God saam deur die Woord, gebede, sang en saamwees.

8  Sluit met ‘n gebed af:  dank God vir die voorreg om sy kind te wees; sê dankie dat jy kon deel wees van die 40 dae reeks;  vra dat die Heilige Gees ons die insig en krag sal gee om dit wat ons die afgelope tyd met die 40 dae reeks geleer het, sal doen in ons lewe elke dag.

Aan God alleen die eer tot in ewigheid!

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar hoe julle vorder met ʼn Projek of Uitreik gedurende of na die 40 dae van gemEENskap.
  3. Lees Hebr. 6:10 en Rom. 12:3-8
  4. Wat is die Gawes wat jy ontvang het?
  5. 5. Hoe dien jy ander mense met jou gawes?
  6. Hoe dien jy die gemeente met jou gawes?
  7. As jy onseker is oor jou gawes, wat gaan jy daaraan doen?
  8. By watter bediening gaan jy inskakel om jou gawes te beoefen?
  9. Watter nuwe bediening wil jy graag begin sodat jy ander kan bedien?
  10. Praat met een van die leraars oor jou betrokkenheid en gawes.
  11. Bid vir elke ander persoon wat saam met jou op die reis van die lewe is. Bid vir duidelikheid oor jou gawes. Bid vir Kerk-in-Suid wat saam met Sesmylspruit op reis is. Bid vir/oor ʼn moontlike uitreik of betrokkenheid by ʼn aksie van die gemeente – of jou eie aksie. Bid vir die 40 dae van gemEENskap.

 

WANT SAAM IS ONS BETER!

1  Begin deur saam te bid.  Vra dat God sy Woord aan ons verstaanbaar sal maak.

2  Lees die volgende gedeeltes ‘n keer of wat aandagtig deur.

Filippense 2:3, 3:17; Romeine 15:1 en 2; Kolossense 3:16; 1 Korintiërs 3:1 en 2.

3  Dink ‘n bietjie wat ons die afgelope 3 weke al geleer het oor wat dit beteken om kerk te wees. 

4  Dink oor die volgende stelling: die aanduiding van ons geloofsgroei is in watter mate is Jesus Christus sigbaar in my lewe. 

5  Ek kan nie alleen groei in my geloof nie, ek het gelowiges nodig om my te ondersteun.  Is dit waar van jou lewe?

6  Die kerk is die liggaam van Christus.  Al verskil ons van mekaar tov baie dinge, ons behoort aan die Hoof van die kerk, Jesus Christus.  Hy is ons voorbeeld.

7  Is ek ‘n voorbeeld vir ander gelowiges in my aanbidding van God en in my gehoorsaamheid aan sy Woord?  Lees Filippense 3:17 en 1 Korintiërs 11:1.

8  ‘n Belangrike element van geloofsgroei is gebed.  Bid vir mekaar, bid saam met mekaar, bid gedurig.

9  In ‘n gemeente is dit belangrik dat ons mekaar ondersteun met woord en daad.  Lees 1 Timoteus 4:7

10  Sluit jou nadenke oor God en jou verhouding met God af met ‘n gebed.

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar van die Projek of Uitreik wat jy/julle beplan in die 40 dae van gemEENskap.
  3. Lees Filip 2:2 maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3  Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4  Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Lees ook Romeine 12.

  1. Waar is jy orals besig om jou Christelike LIEFDE uit te leef?
  2. 5. Hoeveel dink jy aan die “belange” van ander?
  3. Hoeveel doen jy aan die “belange” van ander? En aan jou eie belange?
  4. Om jou liefde vir ander te laat toeneem het ons ʼn paar dinge nodig :- Praat met mekaar daaroor.
  5. Dit vra ons TYD. Heb 10:25
  6. Dit vra ons EGTHEID. Jak 5:16
  7. Dit vra NEDERIGHEID. 1Pet 5:5b
  8. Dit vra GENADE. Kol 3:13
  9. Dink verder oor projekte / Uitreike waarby julle betrokke wil raak. Praat met mekaar daaroor. Kom ons “MAAK VAS” met ander gelowiges in ons gemeente en omgewing.
  10. Bid vir elke ander persoon wat saam met jou op die reis van die lewe is. Bid vir Kerk-in-Suid wat saam met Sesmylspruit op reis is. Bid vir/oor ʼn moontlike uitreik of betrokkenheid by ʼn aksie van die gemeente – of jou eie aksie. Bid vir die 40 dae van gemEENskap.

1  Begin deur saam te bid.

2  Vertel gerus vir mekaar/iemand waarvan jy die afgelope week bewus geraak het deur met hierdie reeks besig te wees.

3  Lees Fillipens 1:3 – 7, Kollosense 4:2 – 4 en 2 Petrus 3:9 ‘n keer of twee rustig deur.

4  EK HET MENSE NODIG OM VIR/SAAM MET MY TE BID

Begin bid vir iemand spesifiek.  Dalk beleef hy/sy ‘n moeilike tyd op die oomblik, jy weet dat hy/sy op die oomblik nie goeie kontak met God het nie.

Kollosense 4:3  Bid dat God vir ons ‘n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig …

5    BEGIN ‘N NUWE VRIENDSKAP

Jy is dalk die enigste venster op God vir iemand.  Net deur jou kan iemand dalk die lewende water ontvang.  Wees bereid om ‘n langer tyd hieraan te spandeer.

6  VERTEL JOU EIE STORIE

Lees 1 Petrus 3:15  Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. 

Oefen solank jou God-storie – wat God deur sy Gees vir jou doen/gedoen het – sodat jy nie onkant gevang word as die geleentheid hom voordoen nie.

7  Bid nou weer saam:  bid vir die verloop van die reeks in ons gemeente en in Kerk-in-Suid.  Vra dat God deur sy Gees vir jou die regte woorde sal gee in ‘n gesprek met ‘n vreemdeling.  Sê dankie dat jy ‘n God-storie het om te vertel. 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar hoe jy jouself verbind het aan die 40 dae van Gemeenskap.
  3. Lees Prediker 9:4-12
  4. Hoe oortuig die gedeelte jou dat dit regtig beter is om jou geloofsreis met ander mense te deel?
  5. Vertel mekaar van gebeurtenisse toe jy beleef het dat “SAAM WEES OF DOEN OF BID” regtig vir jou beter was.
  6. Praat saam oor die volgende 5 gedagtes.
    1. Ek het mense nodig om saam met my te stap – Geestelik te groei. – Dis veiliger / slimmer / Pred. 4:12 Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied.
    2. Ek het mense nodig om saam met my te werk – Bereik iets. Pred. 4:9 Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets.
    3. Ek het mense nodig wat my sal Verdedig. Filip. 2:4 Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
    4. Ek het ander mense nodig in my Krisis. 1 Kor.12:26 As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 27  Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.Mense wat saam met my kan wag en saam met my kan huil.
    5. Ek het mense nodig om saam met my te Getuig. Joh. 13:35 As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
  7. Dink solank waar en hoe jy dalk sou wou betrokke raak by een of ander projek of uitreik en beplan solank iets daaroor. Praat met mekaar daaroor.
  8. Bid vir elke ander persoon wat saam met jou op die reis van die lewe is. Bid vir/oor ʼn moontlike uitreik of betrokkenheid by ʼn aksie van die gemeente – of jou eie aksie. Bid vir die 40 dae van gemEENskap.

WANT SAAM IS ONS BETER!

Markus 4:1 – 20

1  Bid saam met die persone wat by jou is.  Vra dat die Here deur sy Gees hierdie gedeelte vir julle verstaanbaar sal maak.

2  Lees die gedeelte in Markus twee keer rustig deur.

3  Baie mense praat van hierdie gelykenis as “Die gelykenis van die grond”, eerder as van “Die gelykenis van die saaier”.

4  Die grond waar die saad gesaai word, het ‘n direkte invloed op die groei van die saad.  Dit is net die saad wat in die goeie grond val wat groei en ‘n oes lewer.

5  Dink jy ‘n mens kan self iets doen aan die grond om dit voor te berei vir die saad?  Dink aan verlede week se preek.  (Sif die klippe uit, verwyder die onkruid, bemes die grond)

6  Hoe berei God die grond voor sodat die saad kan groei?  (Lees Matteus 26:26 – 28)

7  Deur die bloed van Jesus Christus aan die kruis word ons sondes vergewe en kan ons in ‘n verhouding met God leef.

8  Dink aan vandag se preek en onthou die wenke, dit wat ek kan doen sodat die saad (die Woord) in my kan vrug dra.

9  Sluit af deur saam te bid.  Vra die Here om met die krag van sy Gees en deur die bloed van Jesus ons te help om die Woord vrug te laat dra in ons lewens.

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar hoe julle die Here in die afgelope vakansie beleef het.
  3. Lees Markus 4: 1-20
  4. Dink julle dit is ʼn goeie plan om eerder te praat van die gelykenis van “Die Grond” as wat ons praat van die gelykenis van “Die Saaier?
  5. 5. Waarom dink jy so?
  6. Sien jy in jou lewe iets raak van elke tipe grond?
  7. Wat gaan/kan jy doen om jou “Lewensgrond” se toestand te verbeter?
  8. Bid vandag dat alle mense goeie grond sal wees vir God se saad – Die Woord. Bid vir jou gesin, die gemeente en die omgewing. Dank die Here vir goeie reën. Bid vir nog reën op plekke waar dit nog baie droog is. Bid vir 2020 en ʼn gemeente wat goeie grond is om vrug te dra.

  1. Bid saam. Se ook dankie vir AL die seëninge en veral die reën wat jy die afgelope week ontvang het.
  2. God stuur ons na alles en almal om ons, om vir hulle tot seën te wees deur iets vir hulle te doen.
  3. Lees Mat 25:1-13
  4. Hoe voel jy nadat jy die gelykenis gelees het?
  5. Watter raad sou jy vir die 5 onverstandige meisies wou gee?
  6. Dink jy die 5 verstandige meisies het reg gedoen toe hulle nie van hulle olie vir die ander 5 wou/kon gee nie?
  7. Wat is die les wat Jesus ons deur die gelykenis wil leer?
  8. Wat sou die olie kon wees? As dit goeie dade is kan mens verstaan dat die 5 verstandige meisies dit nie vir die 5 dwase meisies kon gee nie. Dit sou ook maak dat ons verstaan waarom die deur gesluit is. Dink daaroor en praat daaroor.
  9. Bid oor die volgende sake. Loof God. Almal wat eksamen skryf. Gemeente. Vriende. Gesin. Regering. Droogte/reën. Dankbaarheid. Kerkraad vergadering.

  1. Bid saam.  Vra dat God met sy Heilige Gees ons sal help om die Woord te kan verstaan.
  2. Lees Prediker 10:1 saam.
  3. Wat is die eerste gedagte wat by jou opkom?
  4. Het jy al ‘n vlieg in jou bord kos gekry?
  5. Die simboliek van die gedeelte is dat die vlieg ongeregtigheid verteenwoordig.  Wat is die teenoorgestelde van ongeregtigheid?  Wees spesifiek.
  6. Wanneer ons op God fokus en Hom volg, is dit moeiliker om ons eie gedagtes te volg en van God af weg te dwaal.
  7. Wat kan ek doen om op God te fokus?  (luister mooi na die preek, daar word drie dinge genoem).
  8. Skryf dit hier neer:  ……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………
  9. Bid nou weer saam.  Sê dankie dat ons God se Woord kon hoor – en dit verstaan.  Vra dat God deur sy Heilige Gees ons sal om dit wat ons gehoor het, te kan doen.

  1. Bid saam. Se ook dankie vir AL die seëninge wat jy die afgelope week ontvang het.
  2. God stuur ons na alles en almal om ons, om vir hulle tot seën te wees.
  3. Lees 2 Kor. 2:14 en 15 Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur. 15 Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.”
  4. Hoe “ruik” jy vir jou vriende? En vir jou gesin? En vir jou werksmense?
  5. Is daar ʼn verskil – hoe jy vir jou vriende/gesin/werksmense “ruik” – Waarom?
  6. Kan mens ʼn aangename geur/reuk keer – Kan mens ʼn slegte reuk/geur keer? Hoe?
  7. 2 Kor. 2:16 Vir dié wat verlore gaan, is dit ‘n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ‘n lewensgeur wat lewe wek.
  8. Hoe kan jy jouself beskikbaar stel sodat 2 Kor. 2:14 van jou waar word? “Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.”
  9. Bid oor die volgende sake. Loof God. Almal wat eksamen skryf. Gemeente. Vriende. Gesin. Oesfees. Regering. Droogte/reën. Dankbaarheid. Om aangename geur te versprei.

  1. Bid saam. Se ook dankie vir AL die seëninge wat jy die afgelope week ontvang het.
  2. God stuur ons na alles en almal om ons, om vir hulle tot seën te wees.
  3. Lees Psalm 72
  4. Watter verse van die Psalm sou jy graag wou laat waar word vir die regering in ons land?
  5. Watter verse van die Psalm sou jy graag wou laat waar word vir die mense van ons land?
  6. Watter verse van die Psalm sou jy graag wou laat waar word vir die natuur in ons land?
  7. Daar is iets wat ons almal kan doen om dit waar te maak. Vertrou volkome op en glo in GOD, en BID gebede wat ons vertroue en geloof bevestig.
  8. Gebruik die prentjie as hulpmiddel vir ʼn eenvoudige, kragtige gebed.

  1. Bid saam. Se ook dankie vir AL die seëninge wat jy die afgelope week ontvang het.
  2. God stuur ons na alles en almal om ons, om vir hulle tot seën te wees.
  3. Lees Matteus 25:14-30 en Genesis 41 tot 45
  4. Rentmeesterskap beteken dat God ons aanstel om met die talente en gawes wat Hy gee, om-te- gee, vir alles en almal rondom ons. Dit beteken ook dat ons daarvan rekenskap moet kan gee. Mat 25:14-30
  5. Wat leer ons in Genesis 41-45 van Josef se rentmeesterskap?
  6. Watter gawes en talente het God vir jou gegee?
  7. Hoe gebruik jy dit in die gemeente, gemeenskap?
  8. Hoe gevaarlik kan dit wees as jy jou talente begrawe?

GEDAGTES OOR RENTMEESTERSKAP – Dink saam hieroor.

  • Alles behoort aan die Here.

 Ps. 24:1 Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, …

  • Ons sal eendag rekenskap moet gee van wat ons met God se besittings hier op die aarde gedoen het.

Openbaring 20:12 Daar is ook ʼn ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.

  • God seën jou sodat jy tot seën vir ander mense kan wees.

2 Kor. 8:14 …moet julle wat nou oorvloed het, die help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.

  • God gee besittings en gawes soos Hy wil maar dit is jou verantwoordelikheid om dit na die beste van jou vermoë te bestuur.
  • Getrouheid is gelyk aan vrugte dra.

Dink aan Mat 25 en die gelykenis van die goue muntstukke.

  • Aan die aan wie baie toevertrou is sal ook baie van gevra word.

Ons is nog steeds by die gelykenis van die talente (goue muntstukke) in Mat 25

  • Hy wat sy getrouheid in min vertoon sal geseën word met meer.

Lukas 16:10 Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is is ook in die groot dinge oneerlik.

 

RENTMEESTERSKAP EN OESFEES

Ons Tiende Maand en Oesfees is ʼn geleentheid waar elkeen kan Rekenskap gee van alles wat God vir ons leen, dit wat ons moet bestuur tot die voordeel van onsself en ander en tot eer van Sy naam. Niks wat ons het behoort aan ons nie. Dit is God se eiendom.

ONS IS DANKBARE BESTUURDERS.

Die Oesfees/Tiende maand = tyd om ons dankbaarheid te wys sodat God daardeur VERHEERLIK kan word.

 

Loof God vir sy liefde en genade. Bid vir jou gesin. Bid vir God se voorsiening in al jou behoeftes. Bid vir Genesing van siekte. Bid vir Sesmylspruit gemeente. Bid vir ons Oesfees en 10de maand. Bid vir die komende kerkraadsvergadering. Dank God vir al jou seëninge, gawes en talente. Bid vir wysheid oor hoe jy dit alles tot eer van God en die voordeel van ander kan gebruik.

Amen.

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar waarom jy graag die Goeie Nuus dat Jesus vir ons sondes gesterf het, aan ander oor vertel.
  3. Lees Romeine 1:16-17 [Bybel @ Kinders] Ek is nie skaam oor die goeie nuus dat Jesus vir ons sondes gesterf het nie. Ek vertel dit graag vir mense. Want God se groot krag werk op elke plek waar hierdie nuus vertel word. Hy red almal wat dit glo, maak nie saak wie hulle is nie. Dit is presies soos wat die Bybel se: “God is nie meer kwaad vir mense wat in Hom glo nie. Hulle sal vir altyd lewe!”
  4. Vertel vir mekaar van ʼn keer toe jy self hierdie groot krag van God aan die werk gesien het.
  5. Hoe word mense – volgens die 2 teksverse – gered / van hul sonde verlos?
  6. Waaroor is jy baie bly en opgewonde as jy die 2 verse lees?
  7. Waaroor is jy baie bekommerd as jy die 2 verse lees?
  8. Aanbid God die Vader, Seun en Gees. Se dankie vir die groot waarhede wat die 2 teksverse ons Bid vir God se leiding in die gemeente – op alle terreine. Bid vir die vergadering van 10 Maart wat oor die visionering handel. Bid ook vir almal wat deur die gemeente se uitreik aksies geraak word. Dank die Here vir ………

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar waarom jy seker is dat jy vir Jesus ken.
  3. Lees Markus 14:53 tot 15:15
  4. Was jy al ooit van iets beskuldig wat jy nie gedoen het nie? Hoe het jy daaroor gevoel?
  5. Waarom dink jy het Jesus stil gebly as daar aan Hom vrae gevra was?
  6. Kry die koerante die TV nuus en van jou vriende dit partykeer reg om jou op te sweep? [15:11] Waarom of waarom nie?
  7. Verbeel jou jy was daar toe hulle Jesus met ʼn sweep slaan en toe die regter besluit het Jesus moet gekruisig word. [15:15 ] Is daar iets wat jy graag vir Jesus sou wou sê?
  8. Aanbid God – Vader, Seun en Gees. Bely die kere waar jy ook opgesweep word om anders te doen as wat jy self glo. Bid vir God se leiding in die gemeente – op alle terreine. Bid vir die proses van visionering en die vergaderings van 3 en 10 Maart wat oor die visionering handel. Dank die Here vir goeie reën. Sê ook dankie vir God se finansiële voorsiening vir jou persoonlik en vir die gemeente.

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar waaroor jy nou regtig opgewonde is in die Here en in Sesmylspruit gemeente.
  3. Lees Markus 8:34-38 en Markus 14:26-31 en Markus 14:66-72
  4. Hoe voel jy oor Petrus se storie en die feit dat hy Jesus verloën het?
  5. As jy ʼn fliek van Petrus se storie sou maak, watter deel sou jy in ʼn voorprent [lokprent] gebruik?
  6. Kry jy vir Petrus so ʼn bietjie jammer? Waarom of waarom nie?
  7. Sou jy skaam gewees het as jy Petrus was?
  8. Jesus was natuurlik nog steeds lief vir Petrus. Hy het ons ook steeds lief al doen en dink ons ook somtyds verkeerd. Dank die Here nou in gebed daarvoor.
  9. Bid en bely die kere waar jy ook vir Jesus verloën. Bid vir God se leiding in die gemeente – op alle terreine. Bid vir die proses van visionering wat tans in die gemeente aan die gang is. Dank die Here vir goeie reën. Sê ook dankie vir God se finansiële voorsiening vir jou persoonlik en vir die gemeente.

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar waarom jy deel is van Sesmylspruit gemeente.
  3. Lees Johannes 15:1-27
  4. Die hoofstuk val in drie dele uiteen:
  • Jesus is die ware wynstok – die Een in Wie ons moet bly om vrug te dra – 15:1-8;
  • Jesus het ons uitgekies om vrug te dra – ons sal dit doen deur mekaar lief te hê – 15:9-17;
  • Soos die wêreld Jesus gehaat het, sal die wêreld ons ook haat – Jesus stuur vir ons die Heilige Gees wat ons in ons getuienis sal bystaan – 15:18-27.
  1. Die reg snoei werk word deur Jesus se woorde gedoen en word as effektief bewys deur die vrug wat mense dra.  Die geheim van vrug dra is dus om in Jesus te bly, d.w.s. om sy woorde aan te hang en te doen.  Sy Woord moet ons hele lewe bepaal.Praat met mekaar oor die reg snoei in jou eie lewe.
  1. Die Vrug [7] is die gevolg van gebed en dissipelskap. Hoe werk dit in jou lewe? Vers 16-17 praat dieselfde taal. Hoe belangrik is gebed in jou lewe?
  2. Wat beteken vers 5 vir jou en vir die gemeente?
  3. Vers 18-27 gee vir ons Hoop. Verduidelik dit vir mekaar. Wat beteken dit vir jou persoonlik maar ook vir ons gemeente?
  4.  Bid vandag dat God ons gemeente sal seën op die reis waarmee Hy met ons besig is. Bid dat ons nog meer in Hom en Sy Woorde sal leef. Dank die Here vir goeie reën. Bid vir nog 

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar van julle geloof die laaste 7 dae.
  3. Lees Markus 9:31-37
  4. Wat is die groot les wat Jesus ons in vers 35-37 wil leer?
  5. Praat vers 34 met jou? Waarom wel of waarom nie?
  6. Vers 32 noem dat die dissipels “dit “ nie verstaan het nie. Wat het hulle nie verstaan nie?
  7. Verstaan jy waarom die gebeure in vers 31 moes gebeur? Verduidelik vir mekaar waarom dit alles nodig was om te gebeur.
  8. Wat beteken vers 36-37 vir jou persoonlik? Vertel dit vir mekaar.
  9.  Bid vandag dat alle mense van God se plan sal hoor. Sê vir Jesus dat jy bereid is om die plan oor te vertel aan ander mense. Bid vir nederigheid by jou gesin en in die gemeente. Bid vir die proses van visionering wat tans in die gemeente beplan word. Dank die Here vir goeie reën. Bid vir nog reën op plekke waar dit nog baie droog is.

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar hoe julle die Here in die afgelope vakansie beleef het.
  3. Lees Lukas 1:26-38 en 3:23-38
  4. Hoe is Jesus heeltemal anders as ander mense.
  5. Mense wat glo dat God wonderlike dinge kan doen, sê vir Hom: “Ek is beskikbaar. Gebruik my.” Wat sou dit vir jou kan beteken?
  6. Was daar iets spesiaals aan Maria voordat die Here haar gekies het om Jesus se aardse ma te wees? Was daar iets spesiaals aan haar nadat sy Jesus se ma geword het?
  7. Wat kan ons uit Maria se gesindheid leer?
  8. Jesus se geboorte is God se plan. Wat wou God met Sy plan bereik?
  9. Hoe pas jy in God se plan in?
  10. Bid vandag dat alle mense van God se plan sal hoor. Sê vir Jesus dat jy bereid is om die plan oor te vertel aan ander mense. Bid vir jou gesin, die gemeente en die omgewing. Dank die Here vir goeie reën. Bid vir nog reën op plekke waar dit nog baie droog is.
  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar wat jy kan onthou van God se Plan om te verlos van Sonde.
  3. Lees Markus 8:22-33
  4. Jesus doen ʼn wonderwerk. Sal jy bly en opgewonde wees as Hy in jou lewe ʼn wonderwerk laat gebeur? Waarom? Hoe dink jy het die blinde man gevoel noudat hy kon sien?
  5. Waarom dink jy het die mense nie regtig geweet wie Jesus was nie? [8:27]
  6. Hoe voel jy oor Petrus se antwoord in vers 29?
  7. In vers 31 lees ons dat Jesus Verwerp moes waarop. Praat met mekaar oor die rede daarvoor. Waarom moes Hy verwerp word?
  8. Petrus het nie daarvan gehou nie. [32] Petrus het God se plan nog nie lekker verstaan nie. [ Sonde – verlossing – dankbaarheid] In v 31 verduidelik Jesus God se plan baie eenvoudig. Praat met mekaar oor God se plan en hoe jy/julle dit verstaan.
  9. Bid vandag dat God alle mense se oë sal laat oopgaan sodat hulle God se plan sal verstaan. Bid vir Sesmylspruit en vir al jou vriende en familie. Bid dat ons almal vir Jesus sal leer ken en weet wie Hy is. Dank die Here vir goeie reën. Bid vir nog reën op plekke waar dit nog baie droog is.
  1. Bid saam.
  2. Lees Mal. 4:1-2
  3. Watter 3 beelde gebruik Maleagi in die 2 verse?
  4. Hoe kan die son goed en sleg wees vir ʼn mens?
  5. Wat kan ons doen om te keer dat die son ons brand?
  6. Die Here is soos die son. Hy gaan eendag die mense wat hom geminag het, “verbrand”. Maar hy gaan die mense wat Hom verheerlik het, red en gesond maak. Hoe verheerlik of respekteer julle die Here?
  7.  Maleagi is die laaste boek in die Ou Testament. Hoeveel boeke is daar nou weer in die O.T? … En in die N.T?
  8. Wat beteken – Bybel?
  9. Ja – met die Bybel in jou hand het jy ʼn hele biblioteek van boeke. Bere jou Bybel op ʼn spesiale plek en gebruik hom elke dag.
  10. Dink aan iemand vir wie jy so ’n biblioteek (’n Bybel) kan gee. Beplan hoe jy dit gaan doen. Vertel volgende keer daarvan.
  11. Bid saam.
  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar van ʼn Fees waarna jy baie uitsien en waarom? [Sien ook verlede week se Huisgeloof] Vertel ook vir mekaar van die Oesfees naweek wat verby is. Was jy daar?
  3. Lees Jer.29:11-13

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. 

  1. Het iemand wat ʼn boom plant ʼn toekomsverwagting?
  2. Wat kan jou toekomsverwagting wees in die lig van Jer. 29:11-13?
  3. Besluit om iewers ʼn boom te gaan plant. Skryf ʼn gebed neer wat iets sê van jou toekomsverwagting – oor 20 jaar – hoe jou lewe en die land en omgewing daar uitsien. Bid die gebed gereeld wanneer jy die boom versorg.
  4. Dink saam oor ʼn seën wat jy oor mense wil uitspreek. Skryf dit ook neer. Seën mekaar gereeld met hierdie seën. Kom vertel volgende week of julle dit regkry.
  5. Bid saam.

Die grootste boom in die wêreld.

“General Sherman” is ʼn  “giant sequoia” in die “Giant Forest of Sequoia National Park” in “Tulare County” in die VSA. In die staat  California. By volume, die grootste bekende enkel stam boom op aarde. 11.1 m deursnee. 31.3. m omtrek.

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar wat julle die week wat verby is gedoen het wanneer julle jaloesie in jou eie lewe ontdek het [Sien ook verlede week se Huisgeloof]
  3. Lees Ester – die hele boek.
  4. God plaas die regte mense op die regte tyd op die regte plek. Dink saam oor die waarheid van die opmerking terwyl jy aan die karakters in Ester dink.
  • Ahasveros …………………..
  • Vasti  ………………………….
  • Haman ………………………..
  • Mordegai ……………………..
  • Ester ……………………………
  1. Die Purimfees word ingestel om te onthou hoe God die Jode gehelp het toe hulle in die moeilikheid was. Ester 8-10
  • Watter feeste vier julle gesin? Vertel dit ook van God se goedheid?
  1. Kan julle dalk meer feesvier om God se goedheid te gedenk? Dink aan die volgende gebeure in jou lewe en hoe jy daaroor kan feesvier.
  • Doop ……………………………………….
  • Nagmaal ………………………………….. 
  • Verjaarsdag …………………………….
  • Belydenis aflegging ……………………
  • Deel van God se gemeente ………..
  • God sorg in moeilike tye …………….
  1. Kyk op enige kalender … watter Feeste vier gelowiges en waarom vier ons dit?
  2. Dink saam oor iets waaroor julle in die komende week God se goedheid kan vier en hoe julle dit gaan doen. Doen dit! Kom vertel volgende week wat julle gedoen het.
  3. Wat se fees vier ons gemeente volgende naweek?
  4. Bid saam. Dank God vir sy goedheid. Bid vir die Oesfees volgende naweek.

 

  1. Bid saam. Se ook dankie vir AL die seëninge wat jy die afgelope week ontvang het.
  2. Ons word gestuur na ons omgewing om daar as gesinne so te leef dat God daardeur verheerlik word. Hoe doen julle dit?
  3. Lees Genesis 29 -33
  4. Jacob “sien” vir God 2 keer terwyl hy op reis was. Wat is die 2 name wat hy vir die plekke gee? [28:19 en 32:30]
  5. Het name vir jou betekenis? Waarom of waarom nie?
  6. Jacob se naam verander na “Israel”[32:27 en 28] Die Bedrieër word Die een wat God gesien het en niks oorgekom het nie. [God het geworstel] – Waarom sou sy naam verander het?
  7. As jou naam moet verander nadat jy God ontmoet het – wat dink jy sou jou nuwe naam moet wees?
  8. Bespreek die stelling :- Die een wat in God glo se lewensverhaal het ʼn gelukkige eindig
  9. Wat is die sewende gebod?
  10. Hoe kan die sewende gebod ons help om as gesinne reg te leef?
  11. Hoe kan die sewende gebod ons Hoop gee in ʼn stukkende wêreld ?
  12. Bid saam vir gesinne regoor die wêreld. Bid vir ʼn lewensverandering in die mense van ons land. Bid vir ʼn nuwe naam vir jou en jou huis. ʼn Naam waardeur God se plan vir jou lewe duidelik word. Bid vir die Here se leiding deur Sy Gees t.o.v. ons gemeente se nadenke oor die erediens. Bid vir HOOP in ʼn stukkende wêreld.
  1. Bid saam. Se ook dankie vir die kerkraad se beplanning van verlede week.
  2. Ons word gestuur om as gesinne so te leef dat God daardeur verheerlik word.
  3. Lees Genesis 25:21 – 34 en 27:1 – 45
  4. Was Jacob se familie ʼn deurmekaar familie of ʼn normale familie?
  5. Kan ons mekaar vandag nog seën?
  6. Hoe kan ons dit doen?
  7. Wie maak die seën waar of nie waar nie?
  8. Wat is die beste raad wat jy vir ‘n gesin kan gee om gelukkig saam te leef?
  9. Wat is die vyfde gebod?
  10. Hoe kan die vyfde gebod ons help om as gesinne reg te leef?
  11. Bid saam vir gesinne regoor die wêreld. Bid vir werkgeleenthede vir almal. Vra dat die Here julle sal gebruik en seën, al doen julle nie altyd wat reg is nie. Dank die Here vir die BYBEL in ons hand. Bid dat ons die Bybel sal gebruik as ʼn padkaart vir ons lewenspad. Bid en vra vir Wysheid. Spreuke 9:10 “Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.”

 

DAAR IS GEVAARLIKE PLEKKE WAAR ONS MOET KIES OM NIE TE GAAN WOON NIE. LOT HET DIT NIE GEDOEN NIE.
  1. Ons word gestuur om te getuig en om in die wêreld ons verhouding met God en mense uit te leef.
  2. Lees Genesis 18:16 – 19:30
  3. As God vandag onder ons na ʼn “REGVERDIGE” soek, sou jy een kon wees? 18:26 Waarom?
  4. Wat was Lot se grootste probleem?
  5. Lot se probleem was dat hy ook gekies het om baie naby aan die “sonde” te gaan leef. Kies ons partykeer ook so?
  6. Waarom moes hulle nie omkyk terwyl hulle vlug nie? 19:17 Sou omkyk dalk beteken dat jy verlang na die sonde waarvan jy besig is om weg te vlug?
  7. Waar in jou lewe het God aan jou gedink en kon jy Sy genade beleef? 19:29
  8. Wat is die vierde gebod? Hoe lyk die ritme van werk en rus en aanbidding in jou lewe.
  9. Hoe kan die vierde gebod ons help om aan te hou met “vlug” weg van die sonde af. [Weg vlug van gevaarlike plekke]
  10. Bespreek hoe julle die vierde gebod kan toepas in die tyd waarin ons leef.
  1. Bid saam.
  2. Ons word gestuur om te getuig en om die wêreld om te keer met ons getuienis..
  3. Lees Hand 13:1-3 en 17:1-9
  4. Voltooi die “Paspoort” – by die “Place of Birth” kan jy die plek neerskryf waar jy die eerste keer besef het dat God jou gered het. Dis mos jou 2de geboorte.
  5. Hand. 1:8    Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Joh. 1:12  Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

Joh. 20:21  “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

  1. Wat beteken die paspoort vir jou? Waartoe gee dit jou toegang?
  2. Dank God vir Sy genade. Bid vir ʼn nuwe begin in jou eie lewe maar ook in die lewe van Sesmylspruit gemeente. Bely jou sonde en vra vir die Here se oortuiging oor wat jy moet doen as Deelnemer en nie as Toeskouer in die gemeente nie. Vra die Here om jou te help om jou “Paspoort” te gebruik om oral te getuig. Bid dat die wêreld sal verander a.g.v. jou getuienis.
  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar van jou bekering en hoe dit jou lewe geraak het..
  3. Lees Hand 3:1-10
  4. Wat verwag bedelaars van ons? [3 en 5]
  5. Wat gee ons gewoonlik vir hulle?
  6. Wat gee Petrus vir hierdie bedelaar? [6]
  7. Soms gee ons niks en soms gee ons ʼn paar Rand vir bedelaars. Is daar dalk iets anders wat ons kan gee?
  8. Hoe het hierdie bedelaar se lewe verander? [9]
  9. Moet jou lewe dalk op een of ander manier verander? Hoe? Sien jy kans daarvoor?
  10. Dank God vir Sy genade. Bid vir ʼn nuwe begin in jou eie lewe maar ook in die lewe van Sesmylspruit gemeente. Bely jou sonde en vra vir die Here se oortuiging oor wat jy moet doen as Deelnemer en nie as Toeskouer in die gemeente nie.

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar hoe die reeks oor Handelinge jou raak..
  3. Lees Hand 2:37-47
  4. Is dit nodig om elke dag tot bekering te kom? [38]
  5. Wat kan ek doen sodat mense in ons omgewing – ons goedgesind kan wees? [47]
  6. 6. Vers 42 tot 46 vertel van ʼn klomp dinge wat die eerste gemeente gedoen het. Wat daarvan doen jy ook en wat nie? Is daar iets wat ons as gemeente behoort te doen? Bid daaroor en vertel een van die leraars daarvan.
  7. Is daar iets wat jy persoonlik moet doen? Bid daaroor en begin dit doen.
  8. Behoort ons anders te dink oor ons goed/besittings? Bespreek dit met mekaar. [45]
  9. Aanbid God die Vader, Seun en Gees. Bid vir ʼn nuwe begin in jou eie lewe maar ook in die lewe van Sesmylspruit gemeente. Bely jou sonde en vra vir die Here se oortuiging oor wat jy moet doen as Deelnemer en nie as Toeskouer in die gemeente nie.

 

Die Heilige Gees verander my lewe

1 Die afgelope week was die verkiesing.  Raak stil voor die Here en bid saam. Bid spesifiek vir die leiers wat verkies is.

2 Ons is op die oomblik besig met ‘n reeks oor Handelinge. In Handelinge lees ons van wat gebeur het na Jesus se kruisiging, opstanding en hemelvaart. Handeling vertel ons die storie van hoe die Kerk geroei heet onder die leiding van die Heilie Gees. Lees Hand 1:1 – 8. Wat gebeur in die kerk wanneer die Heilige Gees mense se lewens verander?  Noem voorbeelde. Dink aan voorbeelde in ons eie gemeente.

3 Petrus preek vir die mense en verduidelik hoe die Heilige Gees mense se lewens verander. Lees Hand 2:14 – 21. Wat het jy gehoor in hierdie preek van Petrus?

4 Lees weer verse 17 & 18. Gee voorbeelde van wat elkeen wat hier genoem word kan doen in die gemeente en ook buite die kerk. Hier word gepraat van jongmense en oumense. Hoe verskil hulle behoeftes en hoe kan hulle mekaar help. Noem voorbeelde.

5 Wat beteken vers 21 vir jou?

6 Lees verder van Petrus se preek: Hand 2:25 – 28. Hoe kan dit ons help om saam die pad te stap in Sesmylspruit gemeente? Wat beteken dit vir SA na die verkiesing?

7 Lees die afsluiting van Petrus se preek: verse v32 – 36. Wat gaan anders wees in jou lewe nadat jy nou na Petrus se preek geluister het?

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar hoe julle Paasfees gevier het.
  3. Lees Hand 1:1-11 en Hebreërs 2:14-18 en 9:28
  4. Wat is die gawe waarvan Hand 1:4 praat?
  5. Wat beteken die belofte van Hand 1:8 vir jou?
  6. 6. Het God nou met iets nuut begin? [ Hand 1:8 ] Waarom sê jy so?
  7. Hebreërs 2:14-18 Vertel vir mekaar wat hier geskryf staan. Beskryf dit dalk God se verlossingsplan?
  8. Hebreërs 9:28 Wat beteken hierdie vers vir ons?
  9. Jesus verlos ons deur Sy kruisdood van ons sonde… Hy maak ons nuut. Die Heilige Gees in ons gee ons die krag om elke dag Nuut te begin. As gemeente kry ons die krag om die gemeente te wees/te word wat God wil hê.
  10. Aanbid God die Vader, Seun en Gees. Bid vir ʼn nuwe begin in jou eie lewe maar ook in die lewe van Sesmylspruit gemeente. Dank God vir Sy verlossingsplan.

 

  1. Bid saam.
  2. Vertel vir mekaar wat julle deur die vakansie gedoen het. Het julle dit saam met God gedoen?
  3. Lees Joh. 12:1-8
  4. Wat is die kosbaarste ding wat jy het?
  5. 5. Sal jy dit maklik sommer net kan weggee?
  6. Maria het die kosbaarste wat sy gehad het weggegee. Waarom het sy dit gedoen? [7]
  7. Dink jy God berei ons ook voor vir dinge in die toekoms?
  8. Lees ook Markus 15:15-32 Hoe was Jesus voorberei vir alles wat hier gebeur het.?
  9. Aanbid God die Vader, Seun en Gees. Se dankie vir God se voorbereiding in jou lewe. Bid vir jou huis en die gemeente.